LOG IN
Email Address1:
Password:
Forgot Password
Register Now

CONTACT US
 
 Albert Maritz
 
 
 
 
 
 
 
 
Binnekort te sien
op kykNET
en te koop as DVD
 
ELDERS AAN DIENS
(Jeanne Goosen)
 
Kyk na 'n uittreksel:
DIRKIE
(Jeanne Goosen)
met
Luna Paige, Nicole Holm en
Frieda van den Heever.
 
SOMS WANNEER EK WEI
(Jeanne Goosen)
met
Frieda
van den Heever, Nicole Holm
en Luna Paige.
 
 
 
WYK EN DIE MEISIES
(NP van Wyk Louw)
 
Kyk na 'n uittreksel:
GERMANICUS
(NP van Wyk Louw)
met
Frieda van den Heever,
Tinarie van Wyk Loods en
Erica Wessels
 
MY NAAKTE SIEL WIL
SONDER SKROME
(NP van Wyk Louw)
met
Frieda van den Heever
 

Albert Maritz
 
 
Albert Maritz lewer vir oorlewing 'n bydrae tot die akteurswêreld deur te probeer toneelspeel, aan beter akteurs as hyself geleentheid te bied om toneel te speel in stukke wat hy vervaardig en/of regie. Hy kry soms reg om op eie stoom TV produksies te genereer, en skryf van tyd tot tyd iets van als.
 
 
Albert is die bekendste vir die TV reeks KONINGS, waarin hy die onnutsige Herman gespeel het. Of vir die brandewyn advertensie waarin hy Burgemeester, Posmeester en Stasiemeester was. Maar hy is bevoorreg om uit 'n vermaaklikheidsgesin te kom, onderwys opleiding te hê en al in flieks te gespeel het saam met Matt Damon, Samuel L.Jackson, Juliette Binoche, Ralph Fiennes, Morgan Freeman, Dianne Kruger en Eric Ebunye.
 
 
Wat hierdie groot name nie weet nie, is dat hy vir die opvolg van KONINGS, naamlik TORINGS, die Artes vir Beste Akteur in 'n reeks in Suid-Afrika gewen het, dat hy sinoniem is met die behoud van die Afrikaanse kultuur deur sy vervaardiging van teater en televisie, en dat hy ook gereeld in die Engelse mark werk - as akteur.
 
 

WIE IS?

 
Albert het drama studeer en gewerk by die streeksrade as akteur en regisseur. Hy wou nog altyd die akteursbedryf vaarwel toeroep, maar het dit net reggekry om nie as akteur te werk nie, wanneer hy sy hande te vol had met regie. Vir baie jare het hy werk van die hand gewys om selfs die musiekindustrie te ontwikkel - veral in die platteland en onder behoeftige gemeenskappe.
 

TEATER

 
Van sy hoogtepunte sluit in 'n musiekteater produksie wat hy doen in samewerking met maatskaplike werkers (Procare) bereik 600 000 mense met 'n boodskap wat kinders bemagtig teen alle vorme van mishandeling.
'n tweede hoogtepunt moet wees die herlewing van 'n paar senior akteurs se loopbane in werk wat die prominentste pryse, ingestem deur die publiek, gewen het by die belangrikste feeste: FAAN SE TREIN - en die opvolg FAAN SE STASIE. 
 
TARABOEMDERY het in 2009 ook Beste Kunstenaarsbydrae gewen by die Innibos fees.
 
 
 
 
 
 
TELEVISIE
 
As televisiemaker en vervaardiger word 'n droom waar as 'n projek waarvan hy verfilming in 1996 begin het, IMPRESARIO, die TV skerm bereik in 2009. Albert vervaardig en regie al die 1996 episodes. Nog projekte van hom is:
 
GROOT, GROTER, NP VAN WYK LOUW 
WYK EN DIE MEISIES
ELDERS AAN DIENS 
SKRYFSELS
 
Albert skryf so 5 opvoedkundige tekste, met die temas: Dwelms, geweld teen kinders, geweld teen Vrouens, HIV/VIGS en TB
Elkeen is opgevoer met die musiek van Lize Beekman, deur Albert en Procare.
HY skryf die werkswinkel produksie LEWENSDRAAD, en voer dit op saam met die Hawston spelers.
 
DIE TEKSTE KAN GRATIS AFGELAAI WORD: Kliek hier
 
  
LITNET
 
Albert skryf al 2 jaar 'n rubriek vir Litnet, wat onder hulle Vermaak/Teater hofie als dek - van resensies tot politiek en sport: Die baba met die badwater.
 

OPVOEDKUNDIGE TEATER

LEWENSDRAAD
Bespreek by Sherman: 08268998872
‘n Stuk wat baie sterk gebaseer is op die visserskultuur, maklike geld wat individue verdien, en die onvermoë om euwels wat dit meebring, te hanteer.
Die stuk is in eie reg ‘n baie snaakse, en baie kragtige, en uiteindelik aangrypende stuk teater...wat mens as uitvoerproduk wyd in die korporatiewe wêreld, maar so wyd as die Nederlande wil sien speel. Dis ‘n verrassende uitvoerproduk uit die rou braakland van Hawston – die dorpie wat gestraf is met die vloek-brandmerk – perlemoenstropers; perlemoensmokkelaars 
HUIDIGE PRODUKSIES
 
TARABOEMDERY speel nou op KKNK.
 
HOUSECOAT BLUES speel ook nou by KKNK
 
 
Sy GUTTER POLITICS GHETTO word vanjaar op die planke gebring. 
 
 
 
Email this pageBookmark this pagePrint this Page Login